4 Februarie 2025

1 Korintiërs 5:1-13

Paulus maak 'n onderskeid tussen sondaars wat nog nie tot bekering gekom het nie en mense in die kerk wat hardkoppig aanhou sonde doen en ander met hulle sonde beïnvloed en benadeel.
Hy het meer genade en geduld met die wat sonde doen maar nie Christene is nie as gelowiges wat nie berouvol lewe nie maar arrogant bly sondig.
Dissipline is om die res van die kerk ook te beskerm teen die suurdeeg van verkeerde gebruike eerder as om dit oor te sien of goed te praat.

Here ons wil heilig voor U leef!
U is liefdevol en Heilig!

Archive