5 Maart 2025

Genesis 14:18-24

Abram gee 'n tiende van dit wat hy buit uit sy oorwinning aan Melgisedek (koning van geregtigheid) die koning van Jerusalem toe die stad nog Salem (vrede) genoem was, nadat Hy vir Abram met nagmaal (brood en wyn) bedien.

Hier sien ons dat die beginsel om vir die Here 'n tiende te gee lank voor die wet deur Abram beoefen is en daarom gee ons steeds vandag ons 10de, nie omdat ons moet nie, nie agv die wet nie, maar omdat ons Melgisedek (Jesus) Sy liggaam en Sy Bloed vir ons kom bedien het!

Here die wêreld kan maar hou wat hulle wil gee (soos Sodom se koning) ons wil deur U versorg word! Daarom gee ons dit wat U toekoms: 10% van dit wat ons verdien.
U is ons Melgisedek,
Ons Koning van geregtigheid!

Archive