9 Maart 2025

1 Korintiers 11:17-33

Paulus beoordeel en gee riglyne vir die verkeerde gedrag van die gemeente in Korinte wanneer hulle nagmaal gebruik.

Ons is in ń tydperk van gereed maak vir Paasfees wanneer ons Jesus as ons enigste offer gaan herdenk.

Kom ons ondersoek ook ons harte sodat ons nie ń oordeel oor onsself 'eet en drink' nie.
1 Korinthiërs 11:28 sê 'Maar laat elkeen homself ondersoek, en daarvolgens van die brood eet en uit die beker drink.'

Heilige Gees,
Toets my hart en gesindheid. Help my op die regte pad. Mag my lewe en hartsgesindheid vir U ń aanneemlike offer wees.
Dankie Jesus vir U voorbeeld om altyd ander in ag te neem.

U is ons Dienaar-Leier.
U is Die Brood van die Lewe.

Archive