28 Maart 2025

Psalm 134:1-3

Hierdie Pelgrimslied moedig almal wat in diens staan van die Here, om Hom met hande omhoog te aanbid en Sy Naam groot te maak... veral die wie snags in Sy diens staan.

Vandag is ons as gelowiges, priesters wat in ń baie duister tyd in hierdie wêreld vir Hom diens doen. Ook ons moet in volle oorgawe Hom aanbid en met hande omhoog lofsange sing as aanbidding.

Here, mag ons aanbidding U Naam verheerlik en ons lofsange kettings verbreek soos Paulus en Silas (Hand 16:25, 26) wanneer ons in die donker nag U diens verrig.

U is ons God in die Heiligdom.
U is waardig om geprys te word.

Archive