13 Maart 2025

Psalm 129

Vervolging is deel van die geskiedenis van Israel.
In hierdie Pelgrimslied erken hulle swaarkry en aanvalle maar hulle besef dat daar 'n swaar oordeel is op die wat hulle te na kom.
Net so is daar vervolging vir ons wat Christus dien, maar die wat teen ons optree weerhou hulself van die Here se seën.

Here ons kies in opdrag van U om die te seën wat ons vervolg en vervloek.
U sal self met ons teëstanders oordeel, dit is nie ons werk nie.
U is die Regverdige!

Archive