27 Februarie 2025

Genesis 13:1-18

Abram trek uit Egipte na die Suidland.  Lot het saam met hom en sy vrou getrek.

Abram het by Bet-El vantevore 'n altaar gebou, hy trek toe weer soontoe en roep weer die Naam van die Here aan.  

Lot en Abram se paaie skei as gevolg van twis wat ontstaan het tussen Abram en Lot se veewagters.  Lot het die hele Jordaanstreek vir hom gekies,  en hom gaan vestig by Sodom.

Abram trek na Hebron, en bou by Hebron weer 'n altaar vir die Here.  Die Here belowe aan Abram dat hy 'n groot nageslag sal he en dat Hy aan hom die land gee vir altyd !

Here dankie dat U die belofte aan Abram gehou het, en wat U belowe het , het waar geword !

Ons kan sien in Abram se lewe dat waar hy ookal gegaan het, het hy U aangeroep en U was getrou elke keer !

Archive