11 Maart 2025

Genesis 16:1-15

Abram en Sarai maak hulle eie planne om 'n nageslag te kry deur Hagar, die slavin, te gebruik om 'n seun vir Abram te gee.
Vandag nog gee die Here vir ons beloftes, maar met verloop van tyd begin ons soos Sarai glo dat die Here Sy beloftes van ons weerhou.
(Gen 16:2)

 Onthou altyd dat die Here Sy Woord en belofte sal nakom. “ Ja, gras verdor, 'n blom verwelk, maar die woord van ons God hou stand vir altyd. ”
' Jesaja 40:8

Vader, U beloftes staan vas. Ons kies om te wag totdat die regte tyd aanbreek wat U bepaal het vir ons beloftes om in vervulling te kom.

U is die Waarmaker van U Woord.
U Woord staan vir ewig en altyd.

Archive