5 April 2025

1 Korintiërs 16:1-12

Gee weekliks vir die Here sê Paulus. Hy moedig ook baie gemeentes aan om vir die armer gemeentes te help.

Paulus deel in vers 9: '...want 'n deur het groot en kragtig vir my oopgegaan, hoewel daar baie teenstanders is.'

Meestal word ons teë gestaan wanneer die Here deure groot en kragtig vir ons oopmaak. Paulus moedig ons egter aan om waaksaam te wees, om sterk te staan en manhaftig en sterk in geloof te staan.

Here, mag ons op Jesus, Die Rots, vas staan teen die opposisie van die vyand wanneer U groot deure vir ons oopmaak. Help ons om te groei in ons geloof om in te stap in die nuwe seisoen in ons lewens en te groei en oorvloedig vrug te dra.

U is ons veilige Vesting
U is ons Weg.

Archive