7 Januarie 2024

Jeremia 18

Ons is die klei en die Here is die Pottebakker!
Hy vorm ons en Hy maak met ons soos Hy wil!
Hierdie openbaring kry Jeremia terwyl hy vir die pottebakker sit en kyk soos hy met ñ stuk klei werk.

Jeremia se profetiese waarskuwing ontstel die mense van Juda en hulle begin oor hom skinder en diskrediteer hom.
As hulle sy reputasie afbreek, reken hulle, hoef hulle nie na sy profesië te luister nie!

Here, help ons om U boodskap van hoop te bly verkondig, ten spyte van mense se afbrekende kritiek of valse skinder oor ons!
U is ons Pottebakker!

Archive

 2024