6 Maart 2025

1 Korinthiërs 11:1-16

'Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van Christus volg.'
1 Kor 11:1

Ons moet streef daarna om hierdie gesindheid en standaard altyd te volg.

Paulus gee vir ons duidelike riglyne in verband met die struktuur van prioriteite van gesag in die huwelik.

1 Korinthiërs 11:3
Maar ek wil hê julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus.

Here Jesus, dankie dat U die voorloper voorbeeld vir almal van ons is... Dat ons U kan volg en so voetspore kan nalaat waarin ander kan stap in hulle Christelike lewenswandel.

U is die Weg, Die Waarheid en Die Lewe.

Archive