28 Februarie 2025

1 Korintiërs 10:1-22

As Paulus begin praat oor nagmaal dan wil hy hê ons moet verstaan dat dit 'n geestelike geskenk met goddelike implikasies is!
Hy maak dit ook duidelik dat dit 'n baie beter alternatief is tot afgodsvleis wat die Korintiërs nog steeds geëet het.
Hy verwys die kerk terug na Israel wat deur die see gegaan het en beskerm was met Sy wolk. (HY noem dit "gedoop" in die wolk en in die see)
Maar as Paulus verwys na die manna en kwartels en die water uit die Rots noem hy dit geestelike kos en drank, soos die nagmaal waarvan almal eet: eenheid.
En nie meer Egipte kos nie: breuk met ou afgodery en ou manier van voorsiening. Ons is nuut.

Here dankie vir die nagmaal!
'n Ete van Eenheid vir ons as kerk en 'n nuwe begin wat ons vier met nuwe geestelike kos!
U is die Ware God!

Archive