1 Februarie 2024

Joshua 11

Die stede en volke van Kanaän het met verharde harte saam opgetrek teen Joshua en Israel.
Maar, dit het Israel se taak makliker genaak want, nou was die vyand se grootste mag saam op een plek, en kon hulle met die Here se hulp die groot gesamentlike weermag oorwin en uitwis.
Daarna was dit maklik om al die stede in die hele Kanaän oor te neem en dit Israel te maak.
Die boosheid van afgodery en kinder offers het sy oodeel bereik, en Joshua het die mense wat se kultuur afskuwelik was uit geroei.
Selfs die reuse, die Enakiete, is oorwin!
Hulle het net by die Filistyne nog oorgebly, dalk sodat Dawid en sy manne hulle moes uitwis baie jare later.

Here, dankie dat as U ons ñ opdrag gee, help U ons ook daarmee!
U is die Regter wat oordeel oor sonde!

Archive

 2024