10 Februarie 2024

Joshua 14

Kaleb is die hebreeuse woord vir hond!
Miskien was dit sy naam omdat hy ñ egiptenaar was wat hom by die stam van Juda aangesluit het.
Al was hy nie ñ gebore Israeliet nie, het hy deur sy geloof in die Here en sy dapper optrede die Here en die volk se guns gewen.
Omdat hy en Joshua alleen geglo het hulle sal die land kan verower toe Moses 12 verspieders gestuur het, was hulle die enigste 2 wat Egipte uit is en Kanaan ingetrek het.
Die res het almal in die woestyn gesterf en ñ nuwe geslag Israeliete is die beloofde land in.

Kaleb was wys en Godvresend, maar hy het ook nog ñ bo-natuurlike jeugdigheid gehad: hy kon op 85 veg soos n jong man.

Here, dankie dat U vir Kaleb en die wat U dien guns gee en hulle seën!
U is Getrou!

Archive

 2024