17 Januarie 2024

Joshua 6

Joshua en die Israeliete neem Jerigo op ñ ongewone manier in.  
Vir 6 dae stap hulle 1 keer elke dag
om die stad met die ark voor al die soldate van Israel.
Dit moes intimederend vir die mense van Jerigo gewees het.
Maar, hulle het ñ hoë muur om hulle stad gehad wat hulle gedink het sal hulle veilig hou.
Op die 7 dag het die leer toe 7 maal om Jerigo gestap en toe geskreeu saam met die 7 ramshorings wat geblaas het!
Op n bo-natuurlike manier het die mure weggesak!
Israel het Jerigo met ñ banvloek getref en ALLIES in die stad gedood en vernietig!

Jerigo word vir ons ñ tipe van 1ste vrug (soos ons 10de) wat aan die Here behoort.
Die res, die ander stede sou Israel s'n wees, maar die 1ste stad wat ingeneem is was die Here sn.

Here, dankie dat U ons oral van 1ste vrug leer.
Dit beteken in geloof vertrou ons U vir nog meer maar die 1ste geld, vrug kind of dag (sondag) behoort aan U!
U is ons Eerste!

Archive