31 Januarie 2024

Jeremia 26

Jeremia waarsku Jojakim, die koning en die volk in die tempel van die Here oor die oordeel wat gaan kom oor Jerusalem!
Hy boet amper met sy lewe omdat hy in die naam van die Here die waarheid verkondig!
Maar, die oudstes van Israel onthou 2 gevalle: een in Hiskia se tyd waar die profeet dieselfde gesê het as Jeremia en ook ñ meer onlangse geval waar koning Jojakim ñ profeet laat doodmaak het wat ook so geprofeteer het.
Daar is egter mense wat Jeremia beskerm sodat die koning hom nie kan vermoor nie.

Here, mag ons U waarheid bly verkondig ongeag van die gevolge!
U is ons Beskermer, U sluimer of slaap nie!

Archive

 2024