18 Februarie 2024

Jeremia 32

Dink daaraan:
Die Babeloniërs omsingel Jerusalem, Jeremia is in die tronk, dis hongersnood, maar tog kom Jeremia se oom en vra of hy die oom se grond wil koop.
Jeremia is besig om aan almal te profeteer dat Nebukadnesar hulle weer gaan verower, en die stad afbrand en hulle wegvoer, daarom is hy in die tronk. Maar iemand wil aan hom grond verkoop.
En die Here sê koop!
Want, dit is ñ belofte dat die Here hulle weer terug sal bring na Israel en weer die land sal herstel!

Here, mag ons vêr vooruit kyk na U beloftes!
U is die Heerser van alle nasies!

Archive

 2024