7 Februarie 2024

Joshua 13

Al het Joshua en die volk gedink dit gaan ñ paar weke, miskien maande vat om vinnig al die volke te verdryf en die stede te oorwin, het dit Israel langer as Joshua se leeftyd gevat en steeds het hulle nie almal verdryf nie.

Hierdie is vir my soos ons heiligmaking proses in ons lewens:
Ons kruis die Jordaan (kom tot bekering) en het groot Jerigo oorwinnings maar,  ook Ai terugslae, dan dink ons om ñ volgeling van Christus te wees gaan vinnig gebeur maar, eintlik is dit ñ leeftyd se wonderlike proses van leer en veg en wen, HEILIGMAKING!

Here, dankie dat ons, ons grondgebied kan inneem saam met U en so met U kan regeer oor ons wêreld en omstandighede!
U is ons Joshua!

Archive

 2024