18 Januarie 2024

Deut. 9

Moses vertel die volk wat op die punt staan om die beloofde land in te trek dat die land hulle s'n is nie, omdat hulle so regverdig is nie, maar eerder omdat Hy finaal die oordeel voltrek wil sien oor sewe goddelose en bose nasies.
Die Here vervul ook sy belofte aan Abraham, Isak en Jakob!

Hy herrinder hulle aan die goue kalf, wat hulle vorige geslag in die woestyn gebou het terwyl Moses self na 40 dae se vas van die berg af gekom het met die wet op kliptablette.
So was daar talle rebelse tye van die Israeliete in die woestyn!

Here, dankie dat ons U beloftes kan ingaan op grond van genade en nie omdat ons reg of oulik is nie!
U Is Getrou!

Archive

 2024