14 Februarie 2024

Deut. 18

Leviete dien die Here en het daarom nie grondgebied in Israel nie, die Here is hulle erfdeel!
Soos hulle die volk geestlik versorg het, so moes die mense hulle fisies versorg deur hulle tiendes en offerhandes.

Die leviete het die woord van die Here verkondig en daarom waarsku Moses die volk om nie aan die Kanaänietiese priesters van afgodery, waarsêery, voorvader geeste en towenaars betrokke te wees nie.

Selfs die profete wat sou opstaan in Israel om die woord van die Here te profeteer moes mooi deurgekyk word vir hulle Integriteit!

Here, help ons om U te verkondig en niks meer nie!
U is die Waarheid!

Archive

 2024