8 Februarie 2024

Deut. 16

Die 3 Pelgrimsfeeste: Paasfees, Pinksterfees en Loofhuttefees is vir ons as Kerk vandag nog ñ hoogtepunt, want dit wys na Jesus se koms op 3 verskillende tye en maniere:
Pasga - Jesus kom bevry ons van sonde, soos Israel van Egipte deur Sy 1ste koms en kruisdood.
Pinkster- met die fees van weke is Jesus se Gees, die Heilige Gees, uitgestort oor die Kerk.
Loofhuttefees- ons vier dit in afwagting vir die wederkoms van ons Messias! (Ek dink ook Jesus is tydens die tyd gebore in Betlehem. )

Dit was ook vir die Israeliete ñ hoogtepunt, want 3 keer ñ jaar loop almal na Jerusalem en vier saam fees tot eer van die Here!

Here, U aleen wil ons aanbid!
U is ons Regverdige Regter!

Archive

 2024