3 Februarie 2024

Jeremia 27

Nebukadnesar het al reeds Juda ingeval en Sedekia daar gelos as koning wat aan Babelonië onderdanig is.
Nou sit Sedekia met verteenwoordigers van sy buurlande om ñ rebellie komplot te beplan, en dis hier waar Jeremia aan almal van hulle gaan sê: rebellie teen Nebukadnesar gaan nie werk nie hy gaan julle nog meer onderdruk, onderwerp julle almal julself eerder aan hom.
Die Here is besig om Nebukadnesar te gebruik sê Jeremia.
Dit sal nog lank aangaan 3 geslagte verder: Nebukadnesar, sy seun en sy kleinseun. (Dit was ook so, eers in Beltsazzar se tyd het Babelonië onder die Persiese mag geval)

Here, U het tyd, mag en mense onder U beheer. Ons moet U bly hoor wat om te doen om voort te gaan ook in ons land vandag!
U is Koning van konings!

Archive

 2024