21 Maart 2024

Deut 30

“as jy net sal luister na die stem van die Here jou God, deur sy gebooie en vaste voorskrifte wat op hierdie •boekrol met die wet geskryf staan, na te kom; as jy met hart en siel sal terugkeer na die Here jou God.”
‭‭Deuteronomium‬ ‭30‬:‭10‬ ‭AFR20‬‬

Al hierdie seën word uitgespreek oor ons as Sy Woord gehoorsaam!
Waar ons te kort kom, en ons kom te kort in gehoorsaamheid, is ons verhouding en geloof in Jesus ons lewens redding!

“Ek roep vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle. Die lewe en die dood, die seën en die vervloeking, hou ek aan jou voor: Kies dan die lewe, sodat jy kan leef, jy en jou nageslag,”
‭‭Deuteronomium‬ ‭30‬:‭19‬ ‭AFR20‬‬

Here, ons kies U vandag!
U is Lewe!

Archive

 2024