1 Maart 2024

Jeremia 36

Barug se neerakryf van die boek Jeremia word verduidelik.
Die 1ste kopie van die profesie is deur die bose koning Jojakim gelees en verbrand.

Die sekretaris van Jeremia het nie net neergeskryf wat die profeet gesê het nie, hy het ook die profesie in die Tempel en later vir die regerings amptenare gaan lees.
Dit was gevaarlik om die waarheid te praat want, die koning wou nie hoor dat hy verkeerd doen nie en daarom moes Barug saam met Jeremia wegkruip vir Jojakim.

Alhoewel Sedekia een van die amptenare was wat die profesie gehoor het en met bewing berou gehad het, het hy later in sy lewe toe Nebukadnesar hom koning gemaak het, ook teen Jeremia opgetree en gerebeleer teen Babilonië.

Here, gee ons die dapperheid van Jeremia en Barug om U Waarheid te bly praat.
U is ons Beskermer.

Archive

 2024