22 Maart 2024

Jeremia 43

Die oorblywende nuwe leiers van Juda, na die vorige goeweneur in ñ sluipmoord vermoor is en die voor hom deur Nebukadnesar weggevoer is, het Jeremia se raad gevra maar glo hom nie.

Hulle glo nie die waarskuwing om nie Egipte toe te gaan nie!

In Egipte profeteer Jeremia, dat Nebukadnesar ook die land waarheen Juda gevlug het gaan oorwin!

Here, as hulle maar net mooi ondersoek ingestel het en gesien het hoe alles wat Jeremia van tevore geprofeteer het wel waar geword het, sou die leiers hom kon glo!
Help ons om U te soek!
U is die Waarmaker van U Woord!

Archive

 2024