17 Maart 2024

Nehemia 2

Nehemia werk vir Artasasta (Artaxerxes 1) die seun en opvolger van Ahasveros en sy vrou Ester.
Ester is moontlik die koning (moeder) wat op die troon sit as Nehemia die koning adresseer. (v. 6)

Nehemia mag nie hartseer wees voor die koning nie, maar tog neem hy vrymoedigheid om sy en die jode se saak te stel, nadat hy met vas en gebed voor die geleentheid met die Here hieroor gepraat het.

Die Here gee Nehemia guns en keur sy versoek vir boumateriaal vir Jerusalem goed en sy terugkeer na Israel.

As Israel se plunderaars en vyande hoor, van dit is hulle onsteld en spanning begin reeds opbou tusse hulle en Nehemia.

Nehemia sĂȘ egter niks.
Sy eerste taak is om die muur van Jerusalem te ondersoek en dan die leiers bymekaar te roep.

Here, dankie vir guns wat U ons gee by outoriteite, maar gee ons ook strategie om te weet wat om volgende te doen.
U is die Plan-maker en Argitek van ons lewe!!

Archive

 2024