19 Maart 2024

Jeremia 42

Almal wat na die 2de ballingskap agter gebly het in Juda, was bekommerd dat Nebukadnesar na die sluipmoord op die goeweneur wat hy agter gelaat het, Gedalja, hulle weer sou aanval.
Daarom was hulle plan om almal na Egipte te vlug, want net dalk sou hulle veilig wees daar.
Hulle raadpleeg egter die Here deur Jeremia en hy waarsku hulle om NIE na Egipte te gaan nie.
As hulle in Juda en Jerusalem agterbly sou hulle veilig wees selfs van Nebukadnesar, maar in Egipte sou hulle sterf!
Dit het toe so gebeur: presies soos Jeremia geprofeteer het.
In die hedendaagse Aswan dam omgewing, is die plek waar die Egiptenare die Judeers heen gestuur het en hulle baie swaar gekry het en almal daar dood is.

Here, dit help nie ons vra H iets as ons klaar besluit het nie! Gee ons die volwassenheid om U te vra en dan te luister en U te gehoorsaam!
U is Goedheid en Guns!

Archive

 2024