9 Maart 2024

Deut 26

Perspektief!
As ek en jy met ALLES eerste na die Here toe kom en so wys ons dink aan Hom: 1ste ding elke dag, 1ste met ons geld, 1ste met ons gedagtes en energie! Dan besef ons wie Hy is, Hy is 1ste, en ons besef wie ons is!
Ons kry perspektief: ons word reg getrek!
Jy besef, 1ste ding elke dag: Hy is God, Hy is in beheer, Hy regeer jou en jy is Sy volgeling!
Sy eiendom!!!!
Daar is veiligheid en verantwoordlikheid daarin!!

“Die Here gee jou vandag sy woord dat jy as volk sy persoonlike eiendom sal wees, soos Hy jou beloof het, sodat jy al sy gebooie kan nakom.”
‭‭Deuteronomium‬ ‭26‬:‭18‬ ‭AFR20‬‬

Here, ek wil vandag (op my verjaarsdag) weer myself opnuut aan U kom gee!
U is my 1ste, U is my ALLES!
Ek wil U gehoorsaam en Alles van my vir U kom gee!!!
U is die 1ste en die Laaste! Ook van my lewe!!!

Archive

 2024