3 Maart

Deut 24

Genade vir mense wat skei, vir jong getroudes, slawe en die wat in skuld is maar, veral vir die armes sonder kos, dit is waaroor die hoofstuk se wette gaan.
Agter die wet sien ons die Here se Liefde vir mense wat Hy by ons wil vasmaak.

So sien ons beginsels van genade en liefde wat ons vandag ook moet toepas:
“As 'n man pas getroud is, hoef hy nie saam met die leër uit te trek of enige verpligting op hom te neem nie. Hy moet vry wees vir sy huis vir 'n volle jaar en die vrou met wie hy getroud is, gelukkig maak.””
‭‭Deuteronomium‬ ‭24‬:‭5‬ ‭AFR20‬‬

Daarom vra ek pas getroude paartjies in ons gemeente, om vir een jaar nie te bedien nie, maar bedien te word.

Here, dankie dat uit U wette U liefde vir ons deurskyn!
U is die Vader van die vaderloses!!!

Archive

 2024