5 Maart 2024

Joshua 22

Na al die gevegte en verowering van die land, stuur Joshua die 2 en ñ half stamme wat grond oos van die Jordaan het terug soos ooreengekom.

Hulle bou egter ñ altaar wat die hele Israel bekommerd maak want, die volk dink hulle begin hulle eie godsdiens.
In die geval moet teen hulle geveg word.
Daarom gaan hoor die Hoëpriester, Pineas, by hulle wat aangaan.

Rueben, Gad en die helfte van Manasse verduidelik toe dat die altaar eintlik ñ monument ter herrinering is vir Israel en die oostelike stamme dat hulle aan die Here behoort.
Pinehas sien hul geloof in en keur die monument goed, so weer hy n burgeroorlog af.
Hulle noem die monument Ayd: “getuie”

Here, dankie vir monumente in ons lewens waarna ons kan terug kyk en besef ons behoort aan U en U het ons in besonder op sekere plekke gehelp sodat ons dit MOET onthou!
U is ons Rots!

Archive