24 Maart 2024

Deut 31

Moses op 120 jarige ouderdom kondig aan dat hy gaan sterf, Joshua gaan oorneem by hom en die volk in Kanaan in lei.
Hierdie is nie nuwe nuus vir Israel nie, maar Moses waarsku hulle weer om nie afgode te aanbid nie en gereeld die wet, die Torah, die 5 boeke wat hy deur die inspirasie van die Heilige Gees geskryf het, te lees en te bestudeer!
Vir 40 jaar was Moses n Egiptiese prins,
Vir 40 jaar n vergete herder in die Sinai,
Maar sy laaste 40 jaar het hy Israel gelei na vryheid!
(Eintlik het sy bediening op 80 begin!)

Here, dis nooit te laat om U opdragte te gehoorsaam nie!
Alles wat met ons gebeur, selfs die stil jare, is voorbereiding vir wat U later deur en met ons wil doen!!
U is “the Ancient of days”!

Archive

 2024