13 Maart 2024

Jeremia 40

Jeremia word vrygelaat onder die ballinge wat oppad is na Babelonië.
Omdat sy profesie getrou was aan wat gebeur het, het die Babeloniese hooggeplaaste vir Jeremia laat gaan om verder vir Gedalja te ondersteun wat die Babeloniërs daar gelos het in koning Sedekia se plek om oor Juda te heers.

Die oorblywende Judeers wat nie deel was van die 2 keer se ballingskap in 12 jaar nie, het in die veld en omliggende streke weggekruip en het nou begin terugkeer na Gedalja.
Daar was egter sprake van n sluipmoord ol hom, maar hy het dit nie geglo nie.

Here, dankie dat die Waarheid ons vry maak: hier het dit letterlik met Jeremia gebeur!
U is ons Vrymakende Waarheid!

Archive

 2024