1 April 2024

Nehemia 7

Noudat Nehemia die muur klaar gebou het die hekke gehang het en betroubare manne soos sy broer aangestel het om die hekke se oop en toemaak te reguleer (dit moes eers veilig en ligdag wees voordat die hekke van Jerusalem kon oopmaak), nou kon die volk getel word.

Nehemia was verantwoordelik vir die ekonomiese herstel van Israel, maar met relatiewe min mense in Jerusalem moes hy mooi dink om nie net die stad te beveilig nie, maar ook om werk weer aan die gang te kry.
In Jerusalem was daar maar so 50 000 mense om Israel weer te kon begin.
Dit is min mense in vergelyking met die wat saam met Joshua in Kanaan in getrek het. (Toe is die volk met ongeveer 3 miljoen begin).

Here, ons besef U kan n groot werk met n klein begin ook doen!
U is Almagtig!

Archive

 2024