9 April 2024

Jeremia 49

Jeremia profeteer verdere oordeel oor nog bure van Israel.
Met die sekere koms van Nebukadnesar en die Babeloniërs sê die profeet aan elkeen van Juda se bure, dat hulle nie die Here se oordeel sal vryspring nie.
Ammon, Edom, die stad Damaskus, die nomades Kedar en Gasor en selfs die mense van Elam gaan almal die toorn van die Here beleef.
Dus gaan hulle oordeel en einde (en Elam se herstel) nie toevallig wees nie, die Here beplan dit.

Here, U planne het ñ langtermyn effek, mag ons wys daarmee werk.
U is die Regeerder van volke.

Archive

 2024