29 Mei 2024

2 Samuel 19

Koning Dawid weën so oor sy seun Absolom dat hy versuim om sy dankbaarheid aan sy soldate te wys vir hulle dapper geveg.
Joab wys hom egter daarop en sê ñ leier MOET erkenning gee aan sy mense.
Dawid is wys en doen soos Joab sê.

Dawid trek toe terug in oorwinning na Jerusalem!
Talle mense kom hom tegemoet, onder andere Simei wat hom gevloek het toe hulle uit Jerusalem moes vlug.
Weer spaar Dawid die Benjamiet se lewe.

Daar is krake in die verhouding tussen Juda en Israel wat in Dawid se kleinseun se tyd in ñ skeur sou uitloop.

Here, dankie vir oorwinnings!
Help ons om dit ook op gepaste tye te vier!
U is ons vreugde!!

Gaan wees ook vandag ñ Wouter! 5020202020allArchive