31 Mei 2024

Lukas 4:1-13

Jesus, vol van die Heilige Gees gaan in die woestyn in en na ñ 40 dae vas is Hy deur die duiwel versoek:
1. Om Sy Honger te stil. (Liggaam)
2. Om die wêreld te oorwin. (Siel)
3. Om Sy mag te wys.
(Gees)
Maar, Jesus haal skrif aan om satan stil te maak en val vir nie een van Sy versoekinge nie.
Hy sal in elk geval self oorwinning behaal oor Sy liggaamlike uitdagings aan die kruis.
Hy sal die hele wêreld oorwin deur die kerk.
En Hy sal Sy mag wys as Hy terugkeer met ñ magdom engele saam met Hom.

Here, dankie dat U nie kortpad vat nie, maar U tydsberekening bly perfek.
U is Alwetend!!

Archive