06 Junie 2024

Lukas 5:1-16

Jesus preek vanuit Petrus se boot na ñ onsuksesvolle nag vir hom en Johannes en Jakobus.
Maar Jesus sê hulle moet weer probeer al was die nette nou skoon.
Hulle vang toe ñ massiewe groot vangs en Jesus nooi hulle toe om vissers van mense te word.
Hulle los alles netso en volg Hom.
Dadelik beleef hulle ñ ongewone wonderwerk: Jesus genees n melaatse!
Dit het nie vantevore al gebeur nie daarom as die melaatse tempel toe gaan om ñ reinigings-offer te doen versprei die nuus oor die Een wat kan en wil genees soos ñ veldbrand.

Here, dankie dat U ons Wil aanraak!
U is ons Maker en Dokter!

Archive