11 Junie 2024

Rigters 18

Die stam van Dan was die laaste om grond te kry.
Hulle het gaan verken en heel noord in Israel ñ stad ontdek van Sidoniërs met mooi lande wat nog nie deur ñ Israelitiese stam oorgeneem is nie.
Hulle val toe die stad aan, en woon daar en noem die stad Dan.
Ons lees gereeld “ …van Dan tot by Berseeba…” wat beteken heel Noord tot heel suid in Israel, dus die hele Israel.
Omdat dit ook vêr van Silo was waar die Tabernakel in daardie tyd gestaan het, het die Daniete hulle eie priester en godsdiens geskep.
Al het hulle dit letterlik gesteel.

Here, help ons om U op die regte manier te aanbid en nie op ons eie manier nie!
U is die Absolute Waarheid!

Archive