12 Junie 2024

Lukas 5:33-39

Vas, om sonder kos te bly in gebeds toewyding, is deel van ons as Christene se geestlike dissiplines!
Die dissipels hoef nie te gevas het nie, maar noudat die Bruidegom nie by ons is nie moet ons vas.
Maak vas deel van jou lewe soos gebed en bybel lees ñ roetine is.

Die verhouding met ñ Verlosser op grond van genade is soos nuwe wyn: jy kan dit nie in jou lewe akkomodeer waar godsdiens en wette jou vorige wynsak was nie.
Dis ñ ander lap wat nie op ou materiaal pas nie.

Here, dankie dat verhouding met U anders lyk as godsdiens!
Ons wil wegdoen met die ou wynsak van godsdiens en U vanuit liefde dien.
U is die Hoëpriester van ñ nuwe verbond!

Archive