13 Junie 2024

2 Samuel 24

Dawid se trots maak dat hy die volk wil tel om sy mag te bereken.
Joab waarsku hom om dit nie te doen nie.
Nogtans laat Dawid vir Joab die hele volk tel: daar was 1.3 miljoen weerbare manne in Israel en Juda.
Gad die profeet kondig toe ñ oordeel oor Dawid en die volk aan.
Die Here laat toe ñ pes toe vir 3 dae onder die mense en 70 000 manne sterf.

Dawid se berou gebeur waar hy die engel op die dorsvloer van Aruna sien. Hy koop die grond en offer daar vir die Here en die pes stop.
Op daardie dorsvloer sou Salomo later die Tempel bou.

Here, help ons om op U alleen te roem en niks wat ons het of wat ons doen op roem nie, dis alles van U af.
U is die Eienaar van alles!

Archive