16 Junie 2024

Psalm 1

Op vadersdag is Psalm 1 gepas!
Die Here is tevrede met ñ man wat die Here se Woord dag en nag oordink.
Met ander woorde jy rig jou lewe in volgens die Here se beginsels en jy maak besluite as jy die Here gevra het, en jou gedagtes toets na gelang van die Woord.
“En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.”
‭‭PSALMS‬ ‭1‬:‭3‬ ‭AFR53‬‬

Voorspoed en guns volg so ñ man!

Here, ons loof U dat ons regverdiges genoem word, want ons staan reg met U!
Nou wil ons leef soos regverdiges!!
U is die Lewende Water en ons ewige Vader!

Archive