23 Junie 2024

Psalm 4

“Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o Here, alleen laat my in veiligheid woon.”
‭‭PSALMS‬ ‭4‬:‭9‬ ‭AFR53‬‬

Daar is vrede in gebed!
Dawid verduidelik vir ons hoe om jou gemoed rustig te kry:
Praat met die Here!
Gesels met Vader in die oggend, dis immers jou eerste en beste tyd wat aan Hom behoort, maar saans as jy op jou bed gaan lê: roep uit tot Hom!

Here, dankie dat U hier belowe U antwoord ons gebede!
U is die God van my geregtigheid!

Archive