25 Junie 2024

Psalm 5

“In die môre, Here, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag.”
‭‭PSALMS‬ ‭5‬:‭4‬ ‭

Dit bly maar net kosbaar om in die oggend jou eerste tyd vir die Here te gee!

Ek wil jou weer aanmoedig om elke oggend die Here aan te roep en met Hom te gesels oor jou uitdagings!

“Want U seën die regverdige, o Here, U omring hom met welbehae soos met 'n skild.”
‭‭PSALMS‬ ‭5‬:‭13‬ ‭AFR53‬‬

Wandel in die seën van die Here as jy met Hom gesels!

Here, dankie vir geleenthede om met U te kan kuier!
U is die Een wat help!

Archive