27 Junie 2024

Lukas 7:1-10

Die Romeinse Centurion, wat se dienskneg siek was, het Jode gevra om namens hom Jesus te versoek vir genesing.
Jesus stap egter self na die heiden se huis toe.
Maar met baie respek en deernis weet die Centurion dat dit nie maklik vir ñ jood is om in sy huis in te gaan nie, en daarom sê hy dat hy nie ñ besoek van Jesus werd is nie!
Hy verstaan egter outoriteit!
Daarom vra hy Jesus om Sy geestlike outoriteit uit te oefen en ñ hemels opdrag van genesing te gee.
Jesus is beindruk deur die Romein se verstaan van geestlike krag en outoriteit: Jesus noem dit geloof!
Daarom genees Jesus die dienskneg onmiddelik en oor ñ afstand.

Here, help ons om deur geloof te verstaan wat geestlike outoriteit is en hoe U krag werk deur U Heilige Gees!
U is die Opperheer wat wil genees!

Archive