5 Julie 2024

Psalm 12

Dawid as koning beleef geweldig baie mense om hom wat lieg en grootpraat en so hulle integriteit in twyfel stel.
Hy besef egter dat die Here Waarheid is:
“Wat die Here sê, dit bedoel Hy. Sy beloftes is eg. Hulle is soos goud wat in ’n vuurwarm oond skoongebrand is. ’n Mens kan daarop reken.”
‭‭Psalms‬ ‭12‬:‭7‬ ‭DB‬‬

Dawid besef ook, dat net die Here ons kan red van die gevolge van leuenaars se leuens.

Here, help ons om in die Waarheid te bly en beskerm ons asb van die slegte gevolge van leuens!
U is die Absolute Waarheid

Archive