10 Julie 2024

Psalm 15

Dawid skuif die Ark van die verbond na Jerusalem en sit ñ ander tipe Tabernakel daaroor.
Sy tent was een waar die Ark in die middel was en die lofprysing spanne konstant om die Ark gestaan en sing het en die mense in aanbidding gelei het.
Dus was Dawid se “tent” anders as die van Moses s'n
Aan die begin van die unieke 33jaar priode vra Dawid n belangrike vraag:
Wie mag in hierdie tent in Sion in Jerusalem ingaan?
Met ander woorde hoe lyk iemand wat regverdig genoeg is om die Here te prys?
Hy noem ñ hele paar kwalifikasies op!
Hoe ons NIE moet lyk nie… dan kom ons agter regverdigheid is wetlik onmoontlik sonder Jesus!

Here, dankie vir U offer-bloed wat ons ook regverdig maak en ons nou die toegang gee na die ware Genade-Troon van Vader!
U is Geregtig en deur U word ons reg!

Archive