13 Julie 2024

Psalm 17

Op grond van die Here se woord en Sy bepalings vir ons lewe, sê Dawid dat hy nie ñ geweldenaar is wat onreg doen aan ander nie.

Hy vra die Here om hom (en ons) te beskerm teen die wat ons skade wil aandoen.
So of ons as regverdiges staan saam met die Here ter beskerming van die onskuldiges of dalk is jy anders en is jy dalk een wat skade doen aan die wat skuil by die Here.

Here, ons wil by U skuil en aan die regte kant van U beskerming wees.
U is die regverdige Regter!

Archive