16 Julie 2024

Psalm 19

“Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.”
‭‭PSALMS‬ ‭19‬:‭2‬ ‭AFR53‬‬

Hoe mooi beskryf Dawid die Almag en die Ewigheid van die Here!

Hy beskryf die kontinuïteit
 van die skepping en hoe een dag se lof vir die Here in loop in ñ volgende dag se aanbidding in!!

Dan begin hy die woord van die Here besing en vra die Here:
“Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o Here, my rots en my verlosser!”
‭‭PSALMS‬ ‭19‬:‭15‬ ‭AFR53‬‬
 
Here, U is my Rots en Verlosser!
Tyd is in U hand.

Archive