19 Julie 2024

Psalm 21

Koning Dawid besing die Here se beskerming en voorsiening!
Dawid noem ook die wat teen hom veg die Here se vyande, nie sy eie vyande nie.

Hy besef hy kan koning wees net op grond van die Here se genade en toestemming!
Daarom sing hy:
“Wys tog vir ons hoe sterk U is, Here. Dan sal ons opgewonde ons liedere sing om vir almal te vertel hoe sterk U regtig is.”
‭‭Psalms‬ ‭21‬:‭14‬ ‭

Here, dis U wat ons aanstel en salf vir die werk wat ons moet doen!
U is ons Koning!

Archive