20 Julie 2024

Psalm 22

Jesus haal hierdie psalm se vers 2 aan toe Hy aan die kruis hang:
“My God, My God waarom het U my verlaat…”
Hy moes as mens die psalm gesien het en geweet het dit praat ook van wat Hy oppad was om deur te gaan met die kruisiging:
- die smaad en spot (veragting) van die volk.
- laat Hy Homself red…
- ñ Edomiet (Basan) omsingel Hom- Herodus
- ⁠aan die kruis “raak sy beendere los” skouers ens. word uit lit uit getrek
- ⁠Sy hart “smelt” (hart-versaking aan die kruis?)
- ⁠krag verdroog…
- ⁠tong sit aan Sy verheemelte vas
- ⁠in ñ graf in
- ⁠omring deur kwaaddoeners
- ⁠hande en voete deurboor
- ⁠sien Sy beendere van buite
- verdeel Sy klere deur die lot

Maar, hierdie psalm sê duidelik dat die Here in ons lofsange is!

As Jesus in Sy aardse lewe die psalm gelees het, het Hy gesien wat kom en steeds vir Vader geprys. Sjoe…

Here, dankie dat U die kruis deurgegaan het al het U presies vooraf al die pyn besef!!
U fokus was ons versiening met Vader!
U is Groot!!

Archive