25 Julie 2024

Psalm 25

Ek dink so aan psalm 25 wat ons altyd gesing het:
“Leer my Heer U regte weë, wys die regte pad my aan, maak my hart daartoe geneë om met lus daarop te gaan…”

Hierdie psalm gaan oor die oordenking van my hart, of my hartsingesteldheid.
Kom ons maak ñ kognitiewe besluit om ons gedagtes positief, volgens Sy Woord, op die Here te rig.
Nie op omstandighede of op wat die wêreld ons wil wys maak nie!
Maar eerder Sy Waarheid oor ons!!

Here, U gedagtes oor ons is goed, help ons dan om ons gedagtes goed te maak!
U is Goed!

Archive

 2024